Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil. Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God, terwyl onse God tog in die hemel is? Hy doen alles wat Hom behaag. Hulle afgode is silwer en goud, ‘n werk van mensehande. Hulle het ‘n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ‘n neus, maar ruik nie; hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word—elkeen wat op hulle vertrou. Israel, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild! Huis van Aäron, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild! Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild. Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën. Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.

Psalm 115 vers 1 to 13

 

Afrikaansegids.org © 2023


 

ARK Ontwerpe

Illustrasies en webtuistes

Vir die ontwerp van webwerwe, asook logo's en algemene illustrasies.
Meer inligting oor ons dienste is te sien by:  arkweb.arkpark.com

ARK Designs * ARK Ontwerpe